Olimpiese Somerspele 2008

Spele van die XXIXe Olimpiade
Olimpiesespele van 2008

Gehou in Beijing, China
Deelnemende lande 204 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete 10 942 (6 305 mans, 4 637 vroue)[1]
Items 302 in 28 sporte[2]
Openingseremonie 8 Augustus 2008
Sluitingseremonie 24 Augustus 2008
Amptelik geopen deur President Hu Jintao[3]
Atlete-eed Zhang Yining (tafeltennis)
Beampte-eed Huang Liping (gimnastiek)
Olimpiese vlam Li Ning (gimnastiek)
Vorige Spele 2004: Athene (Griekeland)
Volgende Spele 2012: Londen (VK)

Die Olimpiese Somerspele 2008 (Chinees: 第二十九届夏季奥林匹克运动会; pinyin: Dì Èrshíjiǔ Jiè Xiàjì Àolínpǐkè Yùndònghuì), amptelik bekend as die Spele van die XXIXste Olimpiade, is tussen 8 en 24 Augustus 2008 in Beijing, China, aangebied. Tydens die geleentheid het 10 942 atlete uit 204 nasies aan 302 items in 28 verskillende sportsoorte deelgeneem.

Die Nasionale Stadion van Beijing

Dit was naas die Spele van 1964 in Tokio en die Spele van 1988 in Seoel die derde Olimpiese Somerspele wat in Asië beslis is. Tokio sal later nog die Spele van 2020 aanbied en Beijing die Winterspele van 2022. Naas Beijing was Istanboel, Osaka, Parys en Toronto kandidate vir die organisasie van die 2008-Somerspele gewees.

Die opening- en sluitingseremonies het in die Nasionale Stadion van Beijing, ook bekend as "voëlnes", plaasgevind. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap met Griekeland die eerste en die gasheer Volksrepubliek China die laaste, maar aangesien die plaaslike taal Mandaryns is, is dié taal se alfabet gebruik om die volgorde te bepaal. Natalie du Toit, swemmer en gouemedaljewenner tydens die Paralimpiese Somerspele 2004, het die Suid-Afrikaanse vlag ingedra.[4]

Die Paralimpiese Somerspele 2008 is tussen 6 en 17 September in Beijing gehou.

  1. (en) "Factsheet – The Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Desember 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op 7 Maart 2018.
  2. (en) "Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 7 Maart 2018.
  3. (en) "Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 7 Maart 2018.
  4. (en) "Africa | Amputee to fly SA's Olympic flag". BBC News. 8 Augustus 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 7 Maart 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search